Annelie Ferreira

  1. home
  2. Author
  3. Annelie Ferreira
Annelie Ferreira

11 Published BooksAnnelie Ferreira

Behalwe vir ’n paar vroeë jare in Kimberley en Johannesburg het Annelie Ferreira tussen Bellville en Durbanville in die Kaap grootgeword. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Bellville, en behaal ’n BA aan die Universiteit van Stellenbosch, asook ’n Nagraadse Diploma in Vertaalkunde. Sy werk voltyds as taalpraktisyn en subredakteur by Sanlam se Taaldienskantoor en Human & Rousseau Uitgewers vir ’n paar jaar, en werk daarna deeltyds en vryskut vir ’n verskeidenheid uitgewers en publikasies. Sy skryf artikels en rubrieke vir ’n verskeidenheid publikasies, en publiseer ’n aantal nie-fiksieboeke. In 2012 wen sy die Sanlam-prys vir Jeuglektuur vir haar eerste jeugboek, Tot siens, koning Arthur en in 2014 wen sy weer die Sanlam-prys vir Chuck Norris kan deel deur nul.

Popular Books by Annelie Ferreira