Die hart van ons huis

  1. home
  2. Books
  3. Die hart van ons huis

Die hart van ons huis

3.72 137 7
Share:

"Ons is ses wat in die kliphuis woon: ek en my Franse man Alain, en vier kinders tussen die ouderdomme van drie en sewentien. Syne, myne, ons...

Also Available in:

  • Amazon
  • Audible
  • Barnes & Noble
  • AbeBooks
  • Kobo

More Details

"Ons is ses wat in die kliphuis woon: ek en my Franse man Alain, en vier kinders tussen die ouderdomme van drie en sewentien. Syne, myne, ons s’n.

Dis ons. Maar dis nie al nie. In die somer word ons getalle op ‘n daaglikse basis aangevul. Provence in die somer is soos Stilbaai in Desember: groot pret vir vakansiegangers, minder pret vir permanente inwoners. Laas somer het ons drie maande lank elke enkele nag oorslaapgaste gehad. Soms tot vyf, ses op ‘n slag. Saam met on ses gesinslede, die tienderjarige Neef uit die Noorde wat elke somer hier deurbring, en Daniel se maats wat soos potplante voor die Playstation in sy slaapkamer rondhang, beteken dit gróótskaalse etes elke dag.

Kos soos vir ‘n kerkbasaar. Gelukkig hou Alain van koskook. Gelukkig is hy die soort kok wat met drie uie en ‘n wortel ‘n pot sop vir twintig mense kan optower. Ek het ook geleer om van koskook te hou (wat anders kon ek doen?), maar ek háát alles wat daarmee saamgaan.

Die inkopies voor die tyd, die skoonmaak na die tyd, die skottelgoed, die skottelgoed, die skottelgoed.

Dis ons. Dis nie so erg soos dit klink nie.

Aangename kennis."

  • Format:
  • Pages: pages
  • Publication:2004
  • Publisher:
  • Edition:
  • Language:
  • ISBN10:0624042359
  • ISBN13:9780624042358
  • kindle Asin:0624042359

About Author

Marita van der Vyver

Marita van der Vyver

3.86 4524 316
View All Books

Related BooksYou May Also Like

View All