Johan Kruger

  1. home
  2. Author
  3. Johan Kruger
Johan Kruger

7 Published BooksJohan Kruger

Johan Kruger is ’n regsgeleerde van beroep. Hy was, onder andere, as regsadviseur betrokke by die grondwetlike onderhandelinge wat in 1993 in Kemptonpark plaasgevind het. Hy en sy vrou, Hester, woon tans op hulle aftreeplasie digby die Loskopdam in Mpumalanga. Kruger is ’n veelsydige skrywer wat sy pen aan verskeie genres gewaag het. Hy het onder andere vier jeugromans, twee geskiedkundige romans, verskeie kortverhale asook ’n speurroman die lig laat sien. Hy het ook kortverhale geskryf waarvan verskeie in die Tydskrif vir Letterkunde verskyn het en ’n paar in twee kortverhaalbundels opgeneem is.In 2012 is Die vloek vir ’n ATKV-Woordveertjie benoem.

Popular Books by Johan Kruger