’n Ballade vir Nkunzi

  1. home
  2. Books
  3. ’n Ballade vir Nkunzi

’n Ballade vir Nkunzi

4.00 26 6
Share:

Viljoen se tweede roman is ’n hou op die maag. Geweld in al sy gedaantes is Bennie Welman se daaglikse gegewe en sy metgesel galgehumor. Tragiek en...

Also Available in:

  • Amazon
  • Audible
  • Barnes & Noble
  • AbeBooks
  • Kobo

More Details

Viljoen se tweede roman is ’n hou op die maag. Geweld in al sy gedaantes is Bennie Welman se daaglikse gegewe en sy metgesel galgehumor. Tragiek en komedie loop hand aan hand.
Alkoholisme, armoede, geweld, pyn, honger, angsdrome. Dit is hoe Bennie in hierdie wêreld ontvang word en hy ontsnap nie daaraan toe hy die ouerhuis verlaat nie. Want dit is nie net in sy drome wat Nkunzi weer op hom afstorm nie, Nkunzi se bloed loop ook in sy are.

Op pad na Nkunzi se begrafnis toe staan daar ’n bok in die pad en staar versteen na Bennie. Toe is die bok in ’n breukdeel van ’n sekonde skoonveld.

Ek klim verwonderd uit die motor, tuur oor die halfdonker veld aan my linkerkant, luister vir die knars van kloutjies oor gruisgrond. Al wat ek hoor, is die geruis van die voertuig wat in my rigting aankom. En die sugtende Karoowind.

Viljoen het verskeie kortverhale gepubliseer en debuteer in 2013 met ’n Nuwe wildernis, wat primêr tydens die Grensoorlog afspeel. ’n Ballade vir Nkunzi lê ’n ander wildernis bloot, dié wat tussen vier mure afspeel.

  • Format:Paperback
  • Pages:304 pages
  • Publication:2020
  • Publisher:LAPA Uitgewers
  • Edition:First Edition
  • Language:afr
  • ISBN10:0799399213
  • ISBN13:9780799399219
  • kindle Asin:0799399213

About Author

Ben Viljoen

Ben Viljoen

3.98 46 8
View All Books

Related BooksYou May Also Like

View All