Burgers & Amptenare: Die Vroeë Ontwikkeling Van Die Kolonie Aan Die Kaap, 1662-1679

  1. home
  2. Books
  3. Burgers & Amptenare: Die Vroeë Ontwikkeling Van Die Kolonie Aan Die Kaap, 1662-1679

Burgers & Amptenare: Die Vroeë Ontwikkeling Van Die Kolonie Aan Die Kaap, 1662-1679

5.00 3 0
Share:

Die vierde van vyf boeke oor vroeë blanke vestiging aan die Kaap. Hier word die vestigingsjare van die Nederlandse kolonie aan die Kaap beskryf. Die...

Also Available in:

  • Amazon
  • Audible
  • Barnes & Noble
  • AbeBooks
  • Kobo

More Details

Die vierde van vyf boeke oor vroeë blanke vestiging aan die Kaap. Hier word die vestigingsjare van die Nederlandse kolonie aan die Kaap beskryf. Die kommandeurs wat op Jan van Riebeeck gevolg het, staan in sy skadu en kry gewoonlik nie baie aandag in die geskiedenisboeke nie.
In die eerste hoofstukke van hierdie boek val die kollig egter op Zacharias Wagenaer, Cornelius van Quaelberg, Isband Goske en Joan Bax en hulle span VOC-amptenare. In die laaste deel van die boek kom die uitbreiding van die blanke nedersetting na die binneland en die totstandkoming van ’n klas gegoede en gevestigde vryburgers, onder die aandag. Die eerste vryburgers het mense ingesluit soos Steven Jansz Botma, W.C. Mostaert en die Duitser Jacob Cloete, wie se nasate vandag bekende Afrikaanse families vorm. Schoeman beskryf hoe hierdie vryburgers naas hulle boerderybedrywighede ook ander klein ondernemings begin het, soos taphuise, steenmakery en kleremakery.

Aan die hand van boedelinventarisse word nagegaan hoe party van die eens arm vryburgers geleidelik meer grond, vee, implemente en meubels kon bekom, ’n aanduiding van die toenemende welvaart van wat sou uitgroei tot ’n Kaapse elite.

  • Format:Hardcover
  • Pages:504 pages
  • Publication:2011
  • Publisher:Protea Boekhuis
  • Edition:
  • Language:afr
  • ISBN10:1869192729
  • ISBN13:9781869192723
  • kindle Asin:1869192729

About Author

Karel Schoeman

Karel Schoeman

4.01 734 103
View All Books

Related BooksYou May Also Like

View All