tjoklits vir die siel

  1. home
  2. Books
  3. tjoklits vir die siel

tjoklits vir die siel

4.25 53 5
Share:

Four woman in their fourties. All glamour and glitz on the outside. On the inside, pain and drama.Vier vroue in hulle veertigs ? aan die buitekant...

Also Available in:

  • Amazon
  • Audible
  • Barnes & Noble
  • AbeBooks
  • Kobo

More Details

Four woman in their fourties. All glamour and glitz on the outside. On the inside, pain and drama.

Vier vroue in hulle veertigs ? aan die buitekant die ene glitz en glamour, aan die binnekant vol pyn en drama ? en een tienermeisie wat in ’n swart gat opgesuig word. En almal word betrek by ’n gebeurtenis wat hulle perspektief vir ewig verander.
Daar is Suzanne, pleaser vir haar man en kinders. Die menopouse-wolf hamer egter aan haar voordeur en haar man se oë dwaal na groener weivelde. Christel is Suzanne se kinderlose, wyser-as-die-wêreld suster, ’n celeb op Italiaanse spykerhakke. Sy staan voor ’n skeipaartie waar die Bird of Paradise ’n paar glansgroen vere gaan verloor. Dan is daar Adri, die koel sakevrou wat mik na die Who’s Who Map. Haar beeld van ’n man is werkloos, haar beste vriend Botox en haar verhoudings sonder siel. Lisa is die dromerige ontwerper met ’n hart vir straathonde en bedelaars ... maar niemand durf weet van die blou kolle op haar lyf nie. En dan is daar Shelley, Suzanne se oudste dogter, wie se hart gebreek word.
Susan Coetzer se nuwe roman is ’n roman wat so na aan die waarheid kom dat ’n mens kan voel hoe die karakters begin lewe en die storie joune word.

  • Format:Paperback
  • Pages:317 pages
  • Publication:2012
  • Publisher:Carpe Diem Media
  • Edition:
  • Language:afr
  • ISBN10:
  • ISBN13:
  • kindle Asin:B0DLT7B2X2

About Author

Susan Coetzer

Susan Coetzer

4.20 491 40
View All Books

Related BooksYou May Also Like

View All